NewsSchools

Ontmoet Bastion se nuwe hoof

Gert Koekemoer sê hy is deur die skool se passie en waardes gelok na die geleentheid.

Donderdagmiddg 23 Julie het die beheerliggaam van Hoërskool Bastion hul nuutgekose skoolhoof, Gert Koekemoer, verwelkom.

Hy sal die leisels oorneem by waarnemende hoofde Hardus van Loggerenberg en Lynette Jonker op Vrydag 1 Augustus. Leerlinge en personeel wag al op die aanstelling sedert Anton Prinsloo in Januarie sy skuif na Hoërskool Eldoraigne in Pretoria aangekondig het. Die beheerliggaamsvoorsitter, Theuns Naudé, het gese hy is bly dat die aanstelling uiteindelik gefinaliseer is en hy het die beheerliggaam en Gauteng-Wes Onderwysdepartement bedank vir hul bydrae en insette in die proses. Gedurende sy spreekbeurt het hy die waarnemende hoofde, die bestuurskomitee en Derrick Boshoff as verteenwoordiger van die Gauteng-Wes Onderwysdepartement bedank vir hul insette.

Koekemoer, wat vandeesweek by Laerskool Horison klaar gemaak het, het sy loopbaan in 1980 in die onderwys begin, en het sedert 2006 die skool as adjunkhoof gedien. Hoewel hy hartseer is om hul te verlaat, het hy aan die Record gesê dat hy werklik dankbaar is vir die vertoue wat in hom gestel word met die aanstelling by Hoërskool Bastion en dat hy uitsien na die toekoms. Hy glo ook dat Bastion een van die mees veelsydige skole aan die Wes-Rand is. Hy wil graag op die vestiging van goeie interne verhoudings, gefundeer op die skool se visie, missie en waardesisteem, en op kwaliteit onderwys en afrigting op alle vlakke fokus.

“Ek glo dat niemand alleen suksesvol kan wees nie en dat sukses slegs moontlik is deur spanwerk, effektiewe beplanning, goeie kommunikasie en deursettingsvermoë.”

Hy bedank die beheerliggaam vir die vertroue in hom gestel met sy aanstelling, Van Loggerenberg en Jonker vir hulle harde werk oor die afgelope maande, die oud-hoof Prinsloo en die puik personeel vir die standaard wat daargestel is. Hy het ook spesiaal sy vrou Lynette bedank vir haar ondersteuning en bystand waarsonder sy suksesse nie moontlik sou gewees het nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button