Hories rugbyspelers brul in Goue Leeusspanne

Vier Laerskool Horison rugbyspelers speel nou ook vir Goue Leeusspanne.

Rynard Mouton, 12, is opgeneem in die o/13-span wat gedurende die Julie skoolvakansie aan die Cravenweek toernooi in Witrivier gaan deelneem het.

Divann Senekal en Tiaan Fourie, beide 11, is gekies vir die o/12-span en Wian van Heerden, ook 11, het die skool verteenwoordig in die o/12 XV-span. Beide o/12-spanne het in die skoolvakansie aan die interprovinsiale toernooi in Vryheid gaan deelneem.

Skoolhoof Deon van der Walt het gesê Laerskool Horison is al die afgelope klompie jare hard aan die werk aan hul rugbyspelers se ontwikkeling.

“Ons is baie dankbaar dat die harde werk tot dusvêr vrugte afgewerp het,” het hy gesê.

“Ons is baie trots op die seuns en sien met verwagting na hul toekoms in rugby uit.”

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version