Spesiale bederf dag vir Baby Moses

Baby Moses het 'n allemintige R40 000 donasie gekry.

Sonskyn, springkastele, soetgoed en pannekoeke – dis hoe die kinders van Baby Moses Vrydag 3 Julie sal onthou.

Die IDA Care Foundation, wat in Floridapark geleë is, het die dag ekstra spesiaal gemaak toe hulle ’n tjek van R40 000 vir die stigter van Baby Moses, Lanie de Klerk oorhandig het terwyl die kinders ’n heerlike pretdag by House of Pancakes in Nooitgedact geniet het.

Die IDA Care Foundation is ’n nie-winsgewende organisasie wat in 2012 gestig is met die doel om welsynsorganisasies te ondersteun. Volgens Loni van der Merwe van IDA Care Foundation fokus hulle op mishandelde vroue en kinders in die gemeenskap.

“Fondse vir die organisasie kom van onafhanklike motorhandelaars wat lidmate van IDA is deur IDA-verwante produkte te ondersteun. IDA gebruik die geld om verskeie organisasies soos weeshuise, skole vir gestremde kinders en voedingskemas te ondersteun,” het Loni gesê.

Lanie het gesê sy is dankbaar dat die IDA Care Foundation hulle so goedgesind is en het gesê die geld sal aangewend word om die kinders se lewens te verbeter.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version