‘My vliegtuie kan acrobatics doen’

Ontmoet vir Gert, `n 69 jarige man wat vliegtuie bou sonder om 'fancy' masjiene te gebruik.

Gert Potgieter, 69, is soos `n klein seuntjie as dit by dinge met enjins kom.

Die 69-jarige Gert kon nie uitgepraat raak oor sy vliegtuie wat hy sonder om enige masjiene te gebruik, maak nie.

“In plaas daarvan om leeg te lê, maak ek maar hierdie goed,” sê hy laggend.

Sonder enige ervaring, maak Gert die mooiste model vliegtuie uit balsehout. Die modele is 1.5 meters lank, weeg 3.1 kilogram en kan 300 meter hoog vlieg.

Die stokperdjie het 30 jaar gelede begin.

“Ek het altyd my vriend, wat `n kunstenaar was, bewonder wanneer hy robotte uit balsehout gemaak het. Toe ek sien hoe sy robotte koffie gemaak het, was ek verplig om vliegtuie te maak,” sê hy.

Volgens Gert was die kwaliteit van sy modelle nie te goed op daardie stadium nie. “Van die vliegtuie het gebreek en ek het besluit om tou op te gooi.”

Vyf jaar gelede het die gogga hom weer gebyt nadat `n vriend stukke van `n vliegtuig vir hom gegee het, en hy dit self aan mekaar moes sit.

“Om vliegtuie te bou maak my gelukking,” sê Gert met `n glimlag op sy gesig.

Hy sê dis maklik om die modelle te bou en enige persoon kan dit doen.

“Ek kry `n plan van die vliegtuig op die internet en dan vergroot ek dit. `n Mens moet baie akkuraat met die mates wees anders gaan dit nie reg uitkom nie.”

“Ek gebruik `n waaier in `n omhulsel sodat dit kan vlieg. Hierdie vliegtuie moet op `n oop veld vrygelaat word anders sal dit groot skade aanrig,” waarsku hy.

Gert is tans besig om `n Boeing 747 te bou wat vier enjins het.

“Ek gaan nie ophou nie. Daar is nog vyf modele wat ek wil bou.”

Hy het dit nog nooit verkoop nie, maar hy sê as iemand dit wil koop, kan hulle anderhandel.

Om een model vliegtuig te maak kos dit omtrent R6000 en dit hang af hoe groot en swaar dit is. Volgens Gert is balsehout die beste hout om te gebruik aangesien dit buigbaar en lig is en dit kan by enige stokperdjie-winkel aangekoop word.

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version