Local newsNews

Ouma Doreen word 93

Ouma kry kans om vier geslagte te geniet.

Ouma Doreen Mathews het op 30 Junie ‘n rype 93 geword.

Sy het in Acklandpark groot geword en in 1962 na Roodepoort getrek. Ouma Doreen was ‘n passer en draaier in die tweede wêreldoorlog en het tot onlangs nog gimnasium toe gegaan. Sy het sewe kinders, 20 kleinkinders en twee agter kleinkinders wat oor ‘n allemintige vyf generasies strek en ‘n totaal van 44 nasate is.

Ouma Doreen sê van die herrinneringe wat die meeste vir haar uitstaan van haar lewe was die roerende begrafnis stoet van die vermoorde voormalige Eerste Minister Dr Hendrik Verwoerd op 10 September 1966 en ook die Britse Koninklike gesin se besoek aan Suid Afrika in 1947.

Sy sê sy mis die dae toe ‘n vrou nog vingeralleen om middernag veilig na ‘n publieke foon kon stap.

Die Record en die gemeenskap wens ouma Doreen baie geluk.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button