Local newsNewsSchools

Mnr SA ‘n sonstraal vir ander

Armand wat 'n graad in regte het, sê hy wil ook sy kennis gebruik om vir kinderregte in Suid-Afrika te veg.

Min mense weet dalk dat Mnr Suid-Afrika, Armand du Plessis 23 jaar gelede ‘n sonstraaltjie was en hy skryf sy lewenssukses toe aan die toewyding van die onderwysers by Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum.

Armand het verlede week sy alma mater besoek nadat hy die skoolhoof en ouers gevra het om sy projek te ondersteun. “Ek het skoolhoof Benita Bothma genader om my te help om klere, komberse en teddiebere vir Cradle of Hope se Tjokkertjies vir Jesus in Krugersdorp-Wes in te samel. Die Sonstraalkinders het hulself oortref die jaar en dit lyk omtrent of hulle hul kaste leeggemaak het,” sê Armand.

Hy vertel dat kinders hom baie na aan die hart lê en met die insameling doen hy ook sy deel as Mnr Suid-Afrika en dra tot Nasionale Nelson Mandeladag by.

As jarelange vriendin van Armand se ma, vertel Benita dat Armand een van die voorbeeldigste sonstraalthies was. “Hy het as driejarige geweet hy wil eendag Mnr Suid-Afrika wees,” sê Benita.

Armand het die vyfjarige Mini Face of South Africa Danika Smith, wat ook ‘n sonstraaltjie is, gevra om hom te ondersteun wanneer hy die insamelings ontvang.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button