Maak reg vir ‘n lekker kermis

Ons Huis Tehuis vir Bejaardes maak reg vir ‘n warm kuier hierdie koue Julie.

Daar is nog stalletjies beskikbaar maar moenie te lank huiwer oor deelname aan die opwindende Ons Huis kermis nie, want spasie is beperk.

Die tehuis hou kermis op Saterdag 25 Julie en is reeds baie besig met reëlings en voorbereiding, maar die organisasie is afhanklik van nog donasies om dit suksesvol te maak, het bestuurder Marita van den Berg gesê.

Sy nooi die gemeenskap op donasies wat hulk an spaar enige tyd by die tehuis af te laai. Hul benodig nog eiers, meel, olie, suiker, koffie, tee, melk, maalvleis, boerewors, gis, rys, rooiworsies, kitspoedings, jellie, vlapoeier, koeke en terte, kleinkoekies, beskuit en broodrolletjies. Ander welcome donasies is speelgoed en enige items wat op ‘n witolifanttafel sal werk.

“Ten doel van die kermis en fondsinsameling verkoop ons elke Vrydag wegneem etes en bestellings kan gerus geplaas word,” het Van den Berg gesê.

“Ons verkoop ook wyn om fondse in te samel.”

Van den Berg het die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning tot dusver.

Ondersteun die verskeie fondinsamelingsprojekte só:

• Boek ‘n stalletjie by die opkomende kermis by Marita by 011 672 0392.

• Gee ‘n donasie van enige van die bogenoemde items af by die tehuis in Madelinestraat, Florida.

• Geniet ‘n goeie bottel wyn; bestel by Irene by 011 672 5018.

• Kry wegneemetes; plaas bestellings by Irene by 011 672 5018.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version