Ons Huis vind baat by ATKV

Dit was die agtste keer wat die Quellerinatak hierdie Paasmusiekaand aangebied het.

Die ATKV tak vanQuellerina het verlede week ‘n totale bedrag van R20 000 aan twee plaaslike inrigtings geskenk.

Die fondse is ingesamel tydens die jaarlikse musiekaand wat in Quellerina aangebied is. Dit is aan Ons Huis aftree oord in Florida en die gemeenskapsontwikkelingsprojek in Claremont geskenk.

Die bekende kunstenaar Kevin Leo en die Con Spirito-koor van Hoërskool Florida het meer as 450 gaste by die geleentheid vermaak. Die koorleier Vaughan van Zyl het na afloop van die konsert gesê dit was ‘n reuse sukses en die sowat 70 koorkinders het die aand terdeë geniet.

Die groeiende jaarlikse bywoningsyfers bewys dat die geleentheid reeds ‘n vaste inskrywing op die kalenders van plaaslike inwoners geword het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version