Local newsNews

Carla, die Kruiners se kunskind

Sy is een van die 7.5 per sent leerlinge wat ‘n sertikaat en medalje in ‘n kunskompetisie tussen Suid-Afrikaners en Namibiërs verower het.

Carla Vorster, ‘n leerling by Laerskool Helderkruin, het dié prestasie behaal by die Santam en UNICEF (United Nations Children’s Fund) National Child Art-kompetisie 2014.

“Die tema van die kunswerke was kinderregte en Carla het ‘n kunswerk in oliverf ingedien met die tema ‘Ek het die reg om gehoor te word’,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Uit ‘n total van 4 100 inskrywings, is Carla een van slegs 388 leerlinge wat ‘n sertifikaat en medalje verower het. Haar kunswerk het ook vir ‘n tydperk op Santam se webblad verskyn.

In November verlede jaar het sy ook aan die Animal Anti-Cruelty League (AACL) Johannesburg se plakkaatkompetisie deelgeneem, waar sy as algemene wenner in die Graad 3, 4 en 5 kategorie gekies is. “Sy het R2 000 met die plakkaat gewen, en beplan nog groot dinge met haar kuns,” het Mitchley gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button