Editor's choiceLocal newsNews

Wen `n ‘Asemrowende’ CD

Die Roodepoort Record het vyf 'Asemrowend' cds om vir vyf gelukkige wenners te gee.

Suid Afrika se gunsteling sanggroep, Lieflinge gaan op 21 Julie in die Roodepoort Teater optree.

Rudi Claase en sy nuwe Liefling en sangmaat Charné Hugo se dubbel-album Asemrowend is ook tans beskikbaar. Die CD bevat 13 Afrikaanse en 12 Engelse liedjies.

Volgens ‘n persverklaring is hul eerste enkelsnit, Sing in die Reën, wat pas vrygestel is, besig om die trefferleer te klim.

Die liedjies Maggie, I don’t wanna play house en Amazing Grace is maar net `n paar liedjies wat op die album verskyn.

“Daar was net nie `n ander naam, wat die musiek wat ons saam maak beter kon saamvat, as Asemrowend nie,” sè Rudi in `n persverklaring.

Die Record het vyf CDs om aan gelukkige wenners weg te gee aan die gelukkige persoon wat die maklike vraag kan antwoord:

Wie is Rudi se nuwe sangmaat en Liefling?

Vul die form onder die artikel in en ons sal jou skakel as jy gewen het.

Die Lieflinge tree in die Roodepoort Teater om 7nm op. Kaartjies is R100 per persoon en is beskikbaar op www.roodepoorttheatre.com. Vir meer inligting bel die teater op 011-674-1357/8/9.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button