NewsSchools

Kruiners wil ander laat sien

Die leerlinge het ook na ‘n kort video-advertensie gekyk waarin Albert opgetree het.

Leerlinge van Laerskool Helderkruin het onlangs begin geld insamel om vir ‘n behoeftige se gidshond te betaal.

Die doel van hul projek is wonderlik geïllustreer deur Albert Bezuidenhout, ‘n blinde man met sy gidshond wat die skool onlangs besoek het. Hy het met hulle die voordele van gids- en dienshonde bespreek.

“Dit was vir die leerlinge ongelooflik om te hoor hoe lank dit geneem het om die video-opname te maak,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

“Albert was ‘n inspirerende voorbeeld vir elke siende leerling.

“Hy het ‘n positiewe boodskap oorgedra deur te vertel sy hond maak dit moontlik vir hom om onafhanklik van ander mense te funksioneer,” het Mitchley gesê.

Slegs ‘n R10 donasie van elke leerling kan deur die skool aangewend word om ‘n gidshond vir ‘n blinde in die gemeenskap te voorsien.

Albert se vrou, Amanda Botes, wat ‘n onderwyseres by die skool is het die omgee projek begin, sal ‘n behoeftige identifiseer en sal dit vorentoe hanteer, het Mitchley gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button