Helderkruin judokas oppad na SA’s

Laerskool Helderkruin se twee beste judakas sien uit na die Suid-Afrikaanse Judo-kampioenskappe.

Twee jong judokas gaan Laerskool Helderkruin en die Western United Judo-stigting by die Suid-Afrikaanse Judo-kampioenskappe in Stellenbosch verteenwoordig.

Dit kom nadat Ruben Cordier, 10, en Ivan Oliver, 12, onlangs aan die Western United proewe en Judo Grandslam in Randfontein deelgeneem het. Ruben het ‘n brons medalje vir Kata en ‘n silwermedalje vir gevegte ontvang, terwyl Ivan ‘n silwermedalje vir Kata en ‘n goue medalje vir gevegte ontvang het.

Beide het daardeur gekwalifiseer om vanaf 28 Junie tot 4 Julie hul staal by die SA’s in Stellenbosch te wys. Ivan gaan ook aan die Kime No Kata Suid-Afrikaanse-kampioenskappe deelneem.

“Baie sterkte aan die twee manne,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

“Ons is opgewonde oor die leerlinge se prestasies en weet hul gaan ons met trots verteenwoordig.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version