Drama: Florries wys hulle is goud werd

Die projek se doel is om ‘n liefde vir Afrikaanse toneelspel- en kyk by die jeug aan te kweek.

Hoërskool Florida het verlede Woensdagaand (13 Mei) hul absoluut in hul rolle ingeleef met hul deelname aan die ATKV-Tienertoneel projek.

In drie toneelstukke het die Florries beide drama- en komediegenres aangebied tot die gehoor se genot. Hulle het ‘n wye verskeidenheid temas met hul spel aangespreek, insluitend die Anglo-Boere Oorlog, depressive en waansin, kerkgang en Afrikaanse tannies, liefde, absurdheid, verhoudinge en die huwelik. Die dramastuk oor die oorlog is opgedra aan die vrouens wat dit moes deurmaak terwyl die twee komediestukke die gehoor laat huil het van die lag.

‘n ATKV-verteenwoordiger het die aand bygewoon en sal deel in die besluit of Hoërskool Florida se leerlinge deurdring na die nasionale rondte.

Die leerlinge se doel is natuurlik om by die eindrondte uit te kom, het skoolwoordvoerder Morné Hanekom gesê.

Van drama en oorlog tot lekker lag en lekkerder lag het die gehoor die spel geniet.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version