VF+ nie beindruk met staande rede

Party ongelukkigoor baie probleme wat nie aangespreek is nie.

In die onlangse “more is beter as gister”-staande rede deur die uitvoerende burgemeester van Johannesburg, Parks Tau, was daar grootliks gefokus op beplande toekoms projekte van die stad en bitter min op die afgelope vier jaar se resultate, sê raadslid Franco de Lange van die VF Plus in Johannesburg metro.

Daar is glo gedurende dié tydperk 12 500 huise gebou en oorhandig maar sê De Lange “Dit is tog jammer dat bruin minderhede grond in Eldorado Park moes beset omdat hulle al 10 jaar vir hul huise wag. Dit was nie genoem of bespreek nie.

“In Johannesburg metro is daar tans een miljoen werklose jongmense. Die syfer vorm deel van ‘n 45 per sent werkloosheidsyfer in Johannesburg. Die regering moes al jare gelede op entrepeneurskap gefokus het en nie onrealistiese beloftes gemaak het nie. Nie alle werksoekers kan in die staatsdiens of privaatsektor gehuisves word nie. Indien daar groter en meer industrieë in die metro was, sou die xenofobiese aanslag teen buitelandse besigheidseienaars minder gewees het,” het De Lange gesê.

“Die bestaande en groeiende breëband-netwerk van die stad gaan binne die volgende paar jaar net nog ‘n wit olifant-projek word. ‘n Dienskontrak om die netwerk vir die volgende 15 jaar te bou en te onderhou word glo opgeskort. Nou moet die belastingbetalers miljoene betaal om die diensverskaffer uit te koop – wie gaan die netwerk nou onderhou en teen watter koste,” wil De Lange weet.

Verder het hy gesê dat “die burgemeester in sy rede noem dat net 13,2 per sent skoolverlaters sal naskoolse kwalifikasies ontvang, maar hy versuim om te noem dat net ses uit 10 leerlinge tot matriek vorder. Dié probleem moet voor die deur van die gebrekkige onderwysstelsel gelê word”

De Lange wys ook daarop dat Tau mense aangemoedig het om water te spaar maar dat daar duisende kiloliters water gemors word as gevolg van ou en gebrekkige pypnetwerke wat jare terug al vervang moes word.

“Wanneer dit by elektrisiteitsverbruik kom, is daar weer eens ‘n paar toekoms projekte genoem om die stad se verbruik met 25 per sent te verminder. Hy het nagelaat om by te voeg wie die projek gaan finansier,” het hy gesê.

“Juis om dié rede sê die VF Plus in Johannesburg dat dit ‘n staande rede is wat nog lê want meeste van dié projekte moet nog plaasvind. Die VF Plus sien ‘n duidelike patroon – daar is net ontwikkeling en vooruitgang in ANC-ondersteunde gebiede en minderheidsgroepe se behoeftes en drome word geïgnoreer,” het De Lange afgesluit.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version