NewsSchools

KykNET besoek Havies

Opname gemaak vir koorkompetisie.

‘n Kameraspan van die Afrikaanse televisiekanaal kykNET het vanoggend Laerskool Dr. Havinga besoek.

Die geleentheid was die opname vir die kanaal se tweede seisoen van die laerskoolkoorkompetisie “Sing in Harmonie”.

Die skool spog met ‘n junior-en seniorkoor wat beide uit meer as 80 lede bestaan. By die skool trek die seuns ook nie hulle neuse op vir sing nie en die koor bestaan uit ongeveer 19 rugbyspelers waarvan twee die eerstespan se kaptein en onder-kaptein is. Die koor word afgerig en dirigeer deur Johann Waldeck.

Komende Vrydagaand sal die Havies se juniorkoor by Bryanston Primary aan die kompetisie deelneem wat ook opgeneem sal word.

Volgens die hoof, Leon Visser, is dit nog nie bekend wanneer en in watter tydgleuf die kompetisie uitgesaai sal word nie. Ouers sal per sms kan stem vir hulle gunsteling koor.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button