Franse Boere chic in die tuin geskep

Sy hoop met die volgende uitstalling om ook beeldhouers en verskeie kunsmediums in te sluit.

Verlede Saterdag (9 Mei) het ‘n klompie kunstenaars weereens ‘n suksesvolle ‘Kuns in die tuin’-uitstalling ten spite van die weer gehou.

Die uitstalling van plaaslike kuns word elke paar maande in inwoner Annamarie Heuser se tuin gehou. Heuser en haar broer Wouter Coetsee skilder self en het sowat vier jaar terug weer saam kunslesse begin neem.

“Toe al drie my dogters uit die huis uit getrek het, het ek besef ek is alleen met so enorme tuin met niks te doen oor naweke nie,” het Heuser aan die Record gesê.

“Ek het toe stuk-vir-stuk begin mooimaak en saam met Wouter het ek my eerste uitstalling hier by die huis gehou.”

Sy is ‘n Wiskunde onderwyseres van beroep maar laat haar kreatiewe kant nie sommer demper nie. Heuser het gesê dat die uitstalling nie net haar woning weer met mense gevul het nie, maar ook bedoel is om vir die gemeenskap ‘n ander alternatief vir naweek ontspanning te bied. Geen ingangsfooie word gevra nie en kunstenaars hou die geld wat hulle verdien met die verkoop van hul skeppings. Die duo wil juis kunswerke lewendig hou en goedkoper aan die gemeenskap bied.

Kunstenaars en besoekers is vanjaar met ‘n Franse Boere chic-tema bederf. Almal het in die teetuin saamgekuier met Franse musiek wat saggies in die agtergrond speel.

“Ek dink die tema is ‘n wenner en dalk iets om ‘n instelling te maak,” het Heuser gesê.

Die uitstalling word elke drie of vier maande gehou en sy beoog om die volgende een vir September, wanneer die tuin weer “vol lente-lewe” is, te hou.

Vir verdere inligting skakel Annamarie by 082 480 5248 of Wouter by 082 574 6632.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Lees ook: Plaaslike paradys gevul met kuns

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version