Local newsNews

Nóú gaan ons braai!

Maak solank ‘n knoop in jou oor ? jy kan nie die volledge Innibos program en grootste Bring-en-braai geleentheid misloop nie!

Op 15 Mei word Innibos se volledige program bekendgstel en by hierdie geleentheid gaan Innibos ook probeer om die wêreldrekord vir die grootste Bring en Braai-geleentheid te verbeter. Om dit te doen met 2 802 braaiers opdaag vir die geleentheid wat by Hoërskool Bergvlam plaasvind. Die organiseerders verskaf die vure en vermaak. Kurt Darren, Beeskraal en Wicus van der Merwe sal optree.

Kom kuier saam met die kunstenaars, kom gooi ‘n vleisie op die kole, en kom kry jou gedrukte Innibos program en ‘n klein voorskou van alles wat jy op vanjaar se opwindende feesprogram kan verwag.

Kaartjieverkope vir Innibos se produksies begin op 18 Mei vir die publiek.

Dit is heeltemaal gratis om aan hierdie braai-rekordpoging deel te neem. Al wat Innibos vra, is dat mense wat die braai en die loodskonsert bywoon ‘n bikkie of pakkie nie-bederfbare kos saambring vir een van Innibos se 2015 gemeenskapsprojekte. Die fees se tema is vanjaar Fees met hart, en ons vra die Laeveldse gemeenskap om ons te ondersteun en hulle harte oop te maak vir minderbevoorregtes.

Hoe die braai werk:

Maatskappye, sportspanne en ander groepe van meer as 10 mense kan vooraf registreer om deel van die massa-braaipoging te wees. Vorms om te registreer sal vanaf 20 April by die Innibos kantoor en op die Innibos webwerf beskikbaar wees. Kry dus solank jou braaispan bymekaar en word deel van hierdie grootse poging! Individue kan vanaf 3 nm op Vrydag 15 Mei by Bergvlam registreer by die spesiale registrasie-stasie op die rugbyveld.

Braaiers en vure vir die braai word voorsien. Elke braaier kry ‘n stukkie wors met komplimente van El Madre of Steiltes Spar en ‘n broodrolletjie vir die braaipoging. Elke geregistreerde deelnemer kry ook ‘n “goody bag” met braai-goedjies in met komplimente van Innibos en ons borge. Daar is ook vir diegene wat registreer om deel te neem fantastiese gelukkige trekkings op die aand.

Die rekordpoging moet volgens die Guinness Book of Records se riglyne aangebied en gemonitor word om in aanmerking te kom vir die amptelike rekord. Dit beteken dat die braaipoging op ‘n spesifieke tyd vir presies 30 minute moet plaasvind waartydens alles op video, met foto’s en deur spesiale monitors geverifieer moet word. Hierna sal die vure beskikbaar wees vir almal wat die funksie bywoon om verder vir hul vriende en familie te braai en ‘n aand saam met Innibos en die gaskunstenaars te geniet. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees asook stalletjies waar slaai, pap en sous te koop aangebied sal word.

Is dit nou nie ‘n heerlike manier om solank “op te warm” vir vanjaar se Innibos nie? Ons sien jou 15 Mei by Bergvlam vir hierdie heerlike makietie!

Skakel 013 741 5294 vir meer inligting of stuur ‘n e-pos na admin@innibos.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button