NewsSchools

‘n Warmer winter danksy Roodies

Die winter gaan baie warmer vir minderbevoorregtes in die area wees danksy die welwillendheid van die leerders en ouers van Laerskool Roodekrans.

Die Roodies het Donderdagaand 16 April komberse op ‘n unieke manier ingesamel om in Mei vanjaar aan geidentifiseerde minderbevoorregtes te oorhandig. Om dit vir die leerlinge lekker te maak, het onderwysers die insamelingsprojek in ‘n fliekaand omskep.

Om tot die buitelugfliek toegang te verkry het elke persoon een kombers (‘n nuwe of tweedehandse een) gekos. Springmielies is ook teen ‘n minimale fooi verkoop, waarvan die winste aan ekstra komberse spandeer sal word.

Onderwysers Biance van Biljon en Jolinda du Preez, wat nouliks by die projek betrokke was, het verduidelik dat ouers hul bystaan om noodhebbendes in Roodepoort en Krugersdorp te identifiseer.

Related Articles

Back to top button