NewsSchools

Florries atlete oppad SAs toe

Twee van Laerskool Florida se top atlete het gekwalifiseer om aan Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem danksy hul sportprestasies.

Laney Joseph was ‘n o/12 atleet wat vir die 150m gekwalifiseer het en vyfde plek in die 100m wedloop behaal het.

Matthew Jacobs, ‘n o/13 atleet het nie net vir hoogspring gekwalifiseer nie maar het ook ‘n nuwe Gauteng rekord opgestel met ‘n hoogte van 1.71m. Hy het ook ‘n vyfde plek in die 80m hekkies wedloop behaal.

Verder spog die Florries met twee atlete wat sesde plekke behaal het. Levandre Horne het as o/13 atleet sesde plek in verspring behaal terwyl Louise Kemp, ‘n o/12 atleet sesde plek in gewigstoot behaal het.

“Die hoof is dankbaar vir juffrou Leah van Heerden, ons atletiekorganiseerder, vir al haar reelings en haar toewyding deur die jaar,” het skoolwoordvoerder Janine Birkenstock gese.

Related Articles

Back to top button