Stokperdjie lei tot kosbare ontdekkings

Stokperdjie lei tot kosbare ontdekking.

Na die Record se onlangse voorbladartikel oor Ernst Sache wat in Adolph Hitler se weermag gedien het, het nog ‘n inwoner met ‘n lewendige belangstelling in geskiedenis na vore gekom.

Johan van der Walt se belangstelling is as ‘n klein seuntjie deur sy oupa wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het, Chrisjan Piennaar, geprikkel. Hy kon ure na sy uopa se staaltjies luister. So het oupa Chrisjan vertel van die slag wat hy en ‘n vriend deur die Engelse, of dan Kakies , gevange geneem was. Die Britte, bewus van die boere se slag met perde, het geweier dat die twee krygsgevangenisse perd ry en hulle moes voor loop. Hy sien to ‘n turksvyboom en vra die offisier in beheer of hulle van die vrugte mag pluk. Die offisier het ingestem en sy manne ook beveel om ‘n blaaskans te vat. Die boeregevangenisse het die turksvye op die korrekte manier afgeskil en vir die engelse aangebied. Die Kakies wat die vrug nie geken het nie het heerlik gesmul en toe die boom ingevaar en hulle self vergryp. Uit gulsigheid het hulle selfs van die vrugte onder hulle klere ingedruk min wetend van die gesteek en jeuk wat op hulle wag.

“Nodeloos om te sê het hulle binne minute so gebrand en gejeuk dat hulle van al hulle klere ontslae geraak het en ‘n nabye dam ingevaar het. So het my oupa en sy vriend dan kon ontsnap,” het Johan vertel.

‘n Ander gunsteling van die boere was om rooimeerkatte te vang en gedurende die nag deur die dakke van die Engelse se blokhuise te gooi. Dit het hulle suksesvol laat spaander.

Johan, wie se groot belangstellings die Anglo-Boereoorlog en die Eerste en Tweede Wêreldoorlog is, vertel hoe hy en sy nefie as jong seuns tussen die blokhuise en fort rondom Winburg gespeel het. Toe hy is stadaard 4 was (graad 6), terwyl hulle in Kroonstad op ‘n plaas gebly het, het hy lewendige patrone, koëldoppies, rangkentekens en ander parafernelia van die Britte ontdek in die sand ontdek. Vandag is die versameling een van Johan se kosbaarste besittings.

Soos die noodlot dit wou hê het Johan se nuuskierigheid hom telkens met interresante mense te doene laat kry. In die laat sewentigerjare het hy vir ‘n Duitse farmaseutiese maatskappy begin werk. Sy werkgewer, ene Haaze, het ‘n oom gehad wat ‘n generaal in die Nazi weermag was en is daar beweer dat hy een van Hitler se raadgewers in die bunker was waar Hitler selfmoord gepleeg het.

Johan het die Record ook ‘n 1916 Hollandse Bybel gewys wat aan ‘n familielid, die bekende stoeier uit die twintigerjare Johannes Nicholaas van der Walt, behoort het. Van der Walt was ook ‘n lid van die Ossewaebrandwag wat Nazi simpatiseerders was. In een poging van die polisie om Van der Walt vas te trek het hy deur ‘n venster probeer ontsnap maar as gevolg van sy gewig, hy het ‘n allmintige 140kg geweeg, was hy te stadig en is in die rug geskiet. Met sy afsterwe het hy ‘n skamele 42kg geweeg.

Johan sê hy wil graag sy versameling nie net in Suid-Afrika maar ook in Britanje laat waardeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version