Konsert vir kampioen kanker vegter gehou

Verloofde vra om finansiële bystand.

Die terminaal sieke kankerlyer, Corné Visser se verloofde Esmé Eloff en vriende het hom onlangs spesiaal bederf deur ‘n klein konsert by sy huis vir hom te hou.

Vriende het bordjies snoepgoed gebring en die Country sanger Billy Jean het nie net gratis opgetree nie maar ook nog twee kunstenaars vir die geleentheid gereël. Volgens Eloff het al drie die kunstenaars die hartsnare geroer.

Visser is reeds in 2012 met nierkanker gediagnoseer maar dit het in 2014 na sy longe, kliere en brein versprei. Hy is op suurstof en morfien en Eloff sê dat elke uur saam met hom vir hulle kosbaar is.

Eloff het ‘n beroep op die publiek gedoen om haar finansieel met die duur versorging van Visser by te staan. Sy vra dat as enige iemand op welke wyse haar kan bystaan sy en Visser dit sal waardeer.

Bydraes kan in haar huurrekening inbetaal word of sy kan geskakel word by 011 675 2881.

Haar bankbesonderhede is as volg: Status Mark – Rent A Property Trust Account

Standard Bank, Rek no. 023168080 – Tak kode: 016641, Verwys no.: F7000-U0001/1

Exit mobile version