Editor's choiceLocal newsNews

Inwoner sit verdagtes agterna

 'n Inwoner en haar kêrel het Woensdag aand twee mans agtervolg was 'n vrou se bankkaart gesteel het.

Terwyl Christy East en haar kêrel Dawie Peterse was by Witpoortjie Pick n Pay vir hul wegneemete gewag het, het hulle ‘n man, wat besig was om op sy selfoon te praat terwyl hy op en af loop, gesien. East sê die man het angstig en senuweeagtig gelyk. “Hy het heeltyd om die hoek van die gebou geloer, so asof hy vir iemand gewag het,” sê East.

“‘n Rukkie later het ‘n tweede man om die hoek gestorm en binne sekondes het het alby mans in ‘n silwer Polo Classic gespring en weggejaag. Ek het gesien dat mense, wat by die nabye OTM gestaan het, rondgekyk het. Dis toe dat ek ‘n vrou sien wat sê haar bankkaart is gesteel,” vertel East.

Sy sê het Pieterse gesmeek om die mans agterna te sit en ons het hulle by ‘n ander OTM gesien waar hulle probeer geld trek het. “Pieterse het geskree dat ek die polisie moet bel, maar ek het eers ‘n foto van die voertuig geneem. Pieterse het sy voertuig voor hulle sin getrek sodat hulle nie kan wegkom nie en die twee mans konfronteer,” sê East en voeg by dat die een verdagte ontken het dat hy iemand se kaart gesteel het terwyl die ander man die kaart vinnig in sy broek se sak gesteek het.

East sê sy het voorgegee dat sy die polisie gebel het toe die verdagtes in hul voertuig spring en weg jaag. “Ons het hulle agterna gesit en by ‘n verkeerslig, waar hulle plekke omgeruil het, het ons hulle ingehaal. Ons het deur rooi verkeersligte, tussen deur verkeer teen ‘n hoë spoed gejaag. Naby Wentworthpark het ons besef dat hulle na ‘n plakkerskamp jaag. Pieterse het gesê hy gaan hulle nie verder jaag nie omdat hy nie ons veiligheid in gedrang wil plaas nie.”

East sê hulle is terug Pick n Pay toe met die hoop dat hulle die vrou, wie se bankkaart gesteel is, nog daar te kry.

Die vrou was blykbaar besig om haar voertuig uit die parkeer area te trek toe East en Pieterse haar keer. “Die vrou het gesê sy was besig om geld te trek die ‘n man teen haar kom staan het. Die man het na bewering die kaart uit haar hand gegryp en laat spaander. Die tannie het eers later besef wat die man gedoen het.”

East sê die vrou het gelukkig haar kaart betyds by die bank gestop. Volgens East was dit duidelik dat die mans die rooftog goed beplan het en dat dit nie die eerste keer is wat hulle die modus operandi gevolg het nie.

“Hulle het presies geweet hoe om hul voertuig te parkeer om vinnig weg te kom, waar die naaste OTMe is en die uitleg van die area,” sê East en waarsku die gemeenskap om versigtig te wees.

Related Articles

Back to top button