Huisbraak gefnuik

Vier vermeende verdagtes is in Witpoortjie vasgekeer.

Vier vemeende verdagtes is vanoggend, 20 Februarie in hul spore deur die Western Suburbs Roodepoort Neighbourhood Watch (WSRNW) gestuit.

Volgens die woordvoerder van die WSRNW, Barry van der Vyver was hy, sy vrou Tanya en kollegas Johnny Steynvaart en Swannie Swanepoel besig om die strate in Witrpoortjie te patrolleer toe hulle honde hoor blaf.

“Ons het besluit om ondersoek in te stel. Op dieselfde tyd het ons ook ‘n oproep van die beheerkamer gekry wat ons vermoede bevestig het,” sê Van der Vyver.

“Die verdagtes moes oor die mure gespring het want ons kon hoor hoe die honde verder in die straat af begin blaf.”

Hy sê die verdagtes is op die hoek van Dromedaris en Altmarstraat vasgetrek nog voordat hulle enige misdaad kon pleeg.

“Hulle is aan die polise oorhandig. Twee van die mans was voorheen in huisinbrake betrokke,” sê Van der Vyver.

Exit mobile version