CrimeLocal newsNewsUpdate

[VIDEO]: Vrou wat inbreker met knopkierie slaan by huis

Die bejaarde egpaar wat deur drie mans in hulle slaapkamer verras is, praat oor die gebeure.

Inbrake is aan die toeneem in Witpoortjie en dit maak die Gemeenskapspolisiëringsforum van Mindalore bekommerd.

Dit volg na die inbraak gisteroggend waartydens ‘n bejaarde egpaar van Witpoortjie, wat aan Mindalore grens, in hulle bed deur drie inbrekers verras is.

Met haar regterarm steeds in ‘n slinger; die nagevolg van ‘n geweerskoot wat haar longe met enkele sentimeters gemis het en ‘n gat van vyf sentimeter in die slaapkamer muur gevorm het, het Rosa en Johan van der Walt met die News gesels. Oomblikke wat hulle as ‘n nare ondervinding beskryf.

Met die knopkierie in haar hand en 'n slinger om haar regterarm vertel Rosa en Johan van der Walt oor toe hulle langs hulle bed verras is. Hier wys Johan, wat wys hoe hy verwurg is en waar die koeël hulle slaapkamer muur getref het.
Met die knopkierie in haar hand en ‘n slinger om haar regterarm vertel Rosa en Johan van der Walt oor toe hulle langs hulle bed verras is. Hier wys Johan, wat wys hoe hy verwurg is en waar die koeël hulle slaapkamer muur getref het.

“Die inbrekers het ons net heeltyd probeer stilmaak voordat een my aan die keel gegryp en begin wurg het,” het Johan gesê.

Die ander inbrekers is toe om na waar sy vrou nog gelê het en op daardie oomblik was hy onseker oor wat hulle met haar gaan maak.

Dit is toe dat sy vrou die inbreker met haar knopkierie bekom.

“Ek het gedink hulle gaan my man doodmaak en dit is tóé dat hy my raakskiet!”

Sy het daarna aan haar man geskree om die paniekknoppie aan die agterkant van hulle bed te druk om die sekuriteitsmaatskappy te kan laat uitkom.

“Dit is toe asof hulle kalmer geword het. Ek wou die een toe met die knopkierie wetter, maar nadat hy vir my gesê het dat hy my gaan skiet, het ek dit laat val,” het Johan gesê.

Die koeël wat Rosa van der Walt deurboor het, het 'n gat van sowat 5cm in die muur gevorm.
Die koeël wat Rosa van der Walt deurboor het, het ‘n gat van sowat 5cm in die muur gevorm.

“Toe daar gesê is dat ons die paniekknoppie gaan druk, was dit soos om lammers uit die kraal te lei en het ek die inbrekers tot buite gestoot.”

Hy het gesê hy was nog opsoek na die sleutels om sy vuurwapen uit die kluis te haal toe hy besef het sy vrou bloei erg.

Sy is dadelik vir mediese behandeling na die Leratong Hospitaal geneem, maar is die dag na die skietgeval terug huistoe.

Die inbrekers het niks tydens die voorval gesteel nie en die polisie ondersoek die voorval.

Frik van Zyl, woordvoerder vir die West Suburbs РRoodepoort Neighbourhood Watch (WSRNW), het ges̻ huisinbrake in die Witpoortjie-area is aan die toeneem en omdat Witpoortjie aan Mindalore in Krugersdorp grens is dit moontlik dat hierdie misdade hierheen kan oorspoel.

Leon Ehrke, voorsitter vir Sektor 9 Gemeenskapspolisiëringsforum het gesê hulle sal hierdie kwessie met hulle lede opbring sodat inwoners vooraf oor die misdaad rondom Mindalore ingelig kan word.

Hy het voorts gesê dat inwoners ten alle tye waaksaam moet wees en klein misdaadvoorkomings jakkalsies reeds van vroeg af in die kiem moet smoor.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button