Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Video: Konfrontasie tydens LUR se besoek

Polisie lok na bewering protesgangers uit.

Die spanning by Roodepoort Primêr is op breekpunt.

Die polisie sowel as die Openbare Orde Polisie-Eenheid (OOP) is reeds van vroegoggend by die skool in Davidsonville. Die gemeenskap het weereens in hulle massas opgedaag om protes aan te teken teen die heraanstelling van ‘n swart hoof en haar twee swart adjunkte. Die hoofsaaklik kleurlinggemeenskap voel dat die aanstelling nie volgens protokol gedoen is nie en dat daar teen kleurlingkandidate gediskrimineer is. Verder is daar ook aantygings dat bedrog by die skool gepleeg is.

Die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Onderwys, Panyaza Lesufi het die skool besoek om vure dood te blaas maar slegs die hoofde en die 19 swart onderwysers was aanwesig. Die kleurling onderwysers het by Roodepoort polisiestasie gaan aanmeld aangesien hulle na bewering by die Distriksraad geintimideer word.

Die LUR se besoek kom kort na die uitreiking van ‘n persverklaring waarin die Gauteng Departement van Onderwys dreig om ‘n hofinterdik by die Suid Gautengse Hoogeregshof teen die ouers te kry sou hulle verder die hoofde en onderwysers intimideer en toegang tot die skool weier.

Die LUR het op sy beurt gesê die departement sal nie rassisme van die gemeenskap duld nie.

Hoog ontstoke ouers en gemeenskapslede het buite die perseel vertel dat die polisiekontingent die protesgangers uitgelok het en glo aan hulle gesê het dat hulle “lus is vir aksie”.

Die media is vir ‘n oomblik in die vergadering toegelaat maar is aangesê om nie fotos van die onderwysers te neem nie en hulle ook nie vra te vra nie. Kort daarna is hulle weer uit die vergadering begelei.

https://www.youtube.com/watch?v=-4zvvO8lp6o&feature=youtu.be

Kliek hier vir nog fotos

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button