Onderwyseres boelie glo kinders

Hoof nie bewus van die bewerings nie.

Verskeie ouers van leerlinge by Laerskool Gustav Preller beweer dat een van die assistent onderwyseresse glo graad twee leerlinge boelie.

Die ouers wat anoniem wil bly uit vrees dat hulle kinders geviktimiseer sal word, sê die insidente het tussen 19 en 23 Januarie plaasgevind en weer op 2 Februarie.

Een ma sê dat in die eerste week van skool het haar seuntjie by haar gekla dat die assistent onderwyseres “erg op ons skreeu” maar sy het dit afgemaak as oorsensitiwiteit aan haar seun se kant. Ander ouers was glo ook ongelukkig oor die skreeuery.

Die ma sê ook dat die onderwyseres nie so optree wanneer die ander onderwyser in die klas is nie.

Later die week beweer die ouer, is ‘n kind ook ‘n loesing gegee. ‘n Ander kind is geklap en ‘n verlangese familielid van die bekommerde ouer, wie se kind aan aandagtekort hiperaktiwiteit versteuring (ATHV of “ADHD”) lei, glo aan gesê is dat hy “dom is.”

Die ouer wie se seuntjie eerste by haar gekla het, het ‘n vergadering met die twee onderwyseresse gereël maar net die assistent onderwyseres het opgedaag. Sy het haar kommer teen haar uitgespreek maar die onderwyseres het dit ontken en net gesê dat sy wel “hard praat”. Die saak is glo nooit onder die hoof se aandag gebring nie.

Daar word ook beweer dat die onderwyseres op 2 Februarie weer ‘n kind rondgeruk het.

Die ma het wel aan die record gesê dat die ‘n geisoleerde probleem is en dat die skool “ongelooflik goed is”.

‘n Ander ouer, Maria Hugo, wat elke dag die klas moet besoek weens haar seun se mediese kondisie, stem egter nie met die bewerings saam nie.

“Ek besoek die klas drie maal ‘n dag en kan waarborg dat daar niks ongerymd aangaan nie,” het Hugo gesê.

Die record het die beheerligaam se voorsitter, Roel Snijder, vir kommentaar genader maar hy het die versoek van die hand gewys todat die skool ondersoek ingestel het.

Snijder het wel gesê dat daar ‘n proses is wat gevolg moet word. ‘n Gegriefde ouer moet skool toe kom en dit onder die hoof se aandag bring. Die skool sal dit dan dienooreenkomstig hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version