Voor die wind met Roodies se tegniese afdeling

Leerlinge presteer bo gemiddeld.

Volgens Piet Crous, Adjunkhoof van Hoërskool Roodepoort, gaan dit steeds

uiters goed met die skool se tegniese departement.

Daar is vier leerareas waarin leerlinge geskool kan word in die afdeling naamlik meganiese tegnologie, siviele tegnologie, ingeneurs grafika en ontwerp en tegnologie.

Roodies se tegniese uitslae is lank reeds van die beste in die streek. Vanaf 2012 het hulle ‘n eerste en tweedeplek in Gauteng behaal, met ‘n persentasie van 92 persent en 91 persent in Siviele tegnologie. Vir ingenieurs grafieke en ontwerp het hulle vyf onderskeidings in die graad 12 finale eksamen ontvang en in 2013 die beste siviele tegnologie leerlinge in die distrik opgelewer.

In 2014 behaal ‘n 100 persent slaagsyfer in siviele tegnologie gehad, met ‘n 87 persent onderskeiding. Die skool se woordvoerder, Marli du Randt sê ook dat daar voortdurend goeir uitslae in ingeneurs grafika behaal word.

Meganiese tegnologie word nou vir ‘n tweede jaar aangebied en is uitgebrei om graad 10 en graad 11 klasse te akomodeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version