NewsSchools

Roodies presteer goed by D12 prysuitdeling

Op 22 Januarie het die D12 akademiese en kultuurprysuitdeling vir 2014 plaasgevind en het Hoërskool Roodepoort weer top uitslae gelewer. Leerlinge het sertifikate, balkies, erekleure, ’n rooikoord, vakskilde, top 10-lapelwapen, Dux-leerder skild of medalje ontvang as hulle aan die kriteria volgens die kleurebeleid voldoen het. Een van die oud-leerlinge en nou ‘n onderwyseres by die …

Op 22 Januarie het die D12 akademiese en kultuurprysuitdeling vir 2014 plaasgevind en het Hoërskool Roodepoort weer top uitslae gelewer.

Leerlinge het sertifikate, balkies, erekleure, ’n rooikoord, vakskilde, top 10-lapelwapen, Dux-leerder skild of medalje ontvang as hulle aan die kriteria volgens die kleurebeleid voldoen het.

Een van die oud-leerlinge en nou ‘n onderwyseres by die skool, het die gehoor met ‘n saksofoonitem vermaak en Celine Wigget het met haar pragtige stem ‘n sangsolo gelewer.

Anlaine Posthumus het die Rotariërtoekening vir eerlikheid, vriendelikheid en integriteit ontvang.

Akademies het die skool ook weer uitmuntend presteer. Die Dux-leerlinge van graad agt tot elf, Constance Kureva, Inge du Plessis, Carmen van Staden en Pieter du Plessis, het elkeen ‘n skild en ook ‘n skoolfondsgeskenkbewys vir hulle harde werk ontvang.

Die graad 12-leerlinge wat vier en meer onderskeidings behaal het, Francois Maritz, Sandrie van Graan en Marlene Boessenkool, het ook erkenning gekry vir hulle harde werk. Die graad 12 Dux-leerling van 2014 is Marlene Boessenkool. Marlene en Sandrie van Graan is ook na die D12-prysuitdeling op 23 Januarie genooi, aangesien hulle die hoogste punte in die streek vir onderskeidelik Verbruikerstudie en Afrikaans ontvang het.

Nie net het die leerlinge toekennings by die D12-prystuitdeling ontvang nie, maar ook die onderwysers Carin van Niekerk, Rentia Smuts en Petro Janse van Rensburg is as die top onderwysers in Afrikaans huistaal in die streek aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button