Ek en mamma deel ‘n juffrou

Keanu Nel, 7, en sy ma Junene het hul gronsdslagfase onderwyseres in gemeen.

Keanu het Woensdagoggend vir Juffrou Esmé Rossouw ontmoet met sy eerste dag as Graad 1-leerling by Laerskool Florida. Toe Junene die onderwyser groet besef sy dit was haar juffrou ook.

Junene (toe Viljoen) was in 1992 in Rossouw se Graad 2-klas by Laerskool Roodebeeck. Sy vertel sy was deel van die eerste klasgroep wat Rossouw gehad het nadat sy haar studies voltooi het.

“Dit was vir my ‘n spesiale ervaring om my onderwyser weer te sien en dit stel my gerus oor my seun wat nou met skool begin,” het sy aan die record gesê.

Die ma-en-seunpaar het vir eers vergeet van oriëntasie en gou ‘n paar kiekies saam met Rossouw geneem.

Exit mobile version