Roodepoort haasbekkies gaan grootskool toe

Sewe-en-twintig Roodepoort laerskole het vandag (op Woensdag 14 Januarie) die nuwe Graad 1-leerlinge opgewonde by die hekke laat instroom.

Ouers is met vriendelike glimlagte deur juffrouens gegroet wat behulpsaam vrae beantwoord het. Kostelike kinders het groot tasse saamgesleep of mamma en pappa het help dra. Die record het leerlinge se eerste skoolbesoek meegebring.

Sommige laerskole het reeds gister (Dinsdag 13 Januarie) ouers en Graad 1’tjies grootskool toe laat kom sodat die eerste offisiële dag nie so vreemd voel nie, soos in die geval van Laerskool Horison.

Na ‘n saalopening of oriëntasie is klein haasbekkies reguit na hul nuwe klaskamers toe en die klasreëls is verduidelik. Party onderwysers is strenger as ander en begin met die intrapslag hul iets leer. In ander klasse sit leerlinge twee-twee en inkleur of op die mat en lees.

Een klassie by Laerskool Helderkruin het snoeptyd gehad met die record se besoek. Opgewonde kleintjies het die inhoud van hul kosblikke met die joernalis gedeel.

 

Sien die snoeptyd-video hier:

https://www.youtube.com/watch?v=w1JoMOkSgAQ&feature=youtu.be

 

Foto’s van Graad 1-leerlinge op hul eerste dag:

 

Exit mobile version