NewsSchools

Hoërskool Roodepoort presteer goed

Skool gelukkig met prestasie.

Hoërskool Roodepoort het hierdie jaar weereens uitgeblink met hulle matriek slaagsyfer van 95 persent.

Volgens die skool se skakelbeampte, Marli du Randt het 71 persent leerlinge met vrystelling om verder te gaaan studeer geslaag. In totaal was daar 23 onderskeidings en ‘n groot hoeveelheid B-simbole.

Die skool se top presteerder was die hoofmeisie Marlene Boesenkool met vyf onderskeidings en die hoogste gemiddeld.

Volgens Du Randt is die skool gelukkig met die slaagsyfer maar mik hulle volgende jaar vir 100 persent.

 

Related Article:

West Rand matriculants get their results (2), 6 January 2015

 

 

Related Articles

Back to top button