Local newsNews

Drie bosse rose en ‘n motorongeluk

Jong man op soek na inligting.

Werknemers van Caxton Wes-Rand was op 11 Desember uit die veld geslaan toe hulle drie bosse rose, wat netjies op die hoek van Generaal Pienaarlaan en Hamstraat gepak is ontdek het.

Na ‘n bietjie speurwerk en met die hulp van kringtelevisiekameraopnames is vasgestel dat die persoon wat die blomme daar gelaat het ‘n karwag is wat in die sentrum se parkeerarea werk.

Die man, Doneld Davel sê hy het die blomme daar gelaat ter nagedagtenis aan sy pa wat glo in ‘n brandende motorwrak in 1982 daar gesterf het. Davel wat nou 32 is sê die gru-ongeluk het volgens familielede plaasgevind toe hy slegs ses maande oud was. Davel sê ten spyte van die feit dat hy R370 000 moes erf, woon hy reeds sedert 17-jarige ouderdom op die straat. Hy sê hy het nooit sy erfporsie ontvang nie en twyfel of die weergawe van sy pa se dood die waarheid is. Sy pa se naam was Kerneels, sy oom se naam André en sy oupa Henry.

Die record by die Roodepoort polisie navraag gedoen of hulle enige rekords van so ‘n ongeluk het en wag tans vir ‘n antwoord.

Indien enige iemand meer inligting het of kan bevestig dat die ongeluk gebeur het kan hulle die record kontak by 011 955 1130.

Related Articles

Back to top button