Tannie Hester springlewendig en gesond

Na twee operasies is trollie-tannie se sig byna 100 per sent.

Baie inwoners het onlangs begin navraag doen oor die welstand van die trollie-tannie, tannie Hester van der Merwe, nadat nare gerugte die rondte begin doen het.

Die record het by Ds. Arnoldt Smith, wat instrumenteel daarin was om haar in Steynsrus te hervestig, gaan aanklop en het goeie nuus ontvang.
Volgens Ds. Arnoldt gaan dit baie goed met tannie Hester en is met haar aankoms in Steynsrus bepaal dat sy slegs 10 per sent sig in een van haar oë het en vandaar haar geboë postuur. Deur haar weldoeners en borge het sy onlangs twee oogoperasies ondergaan waar katarakte verwyder is en lens inplante gedoen is. Tannie Hester se sig is bykans 100 per sent herstel, sê Ds. Arnoldt.
“Sy pas vreeslik goed in Steynsrus aan en die gemeenskap het haar behoorlik verwelkom en deel van hulle eie gemaak,” sê hy.
“Ons volgende doel is om haar met haar familie te verenig deur te reël dat hulle vir haar in die Vrystaat gaan kuier.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version