Kersbome, kersliedere en kerslig by die Roodies

"Die aand was 'n reuse sukses en ons hoop om dit nog een van die Roodies te tradisies te maak."

Die leerlinge van Laerskool Roodekrans het onlangs hul eerste Kersliedere by Kerslig-aand aangebied.

Ouers en belangstellendes kon hul piekniekmandjies bring en heerlik op die skool se rugbyveld saamkuier en na kersmusiek luister, het skoolwoordvoerder Marike Cronjé in ‘n skrywe gesê.

“Tydens die geleentheid het beide kore van die skool, die juniors en die seniors, asook ‘n kinderorkes die kerssang gelei,” het Cronjé gesê.

Dit het die gehoor in die regte luim gekry vir die feesseisoen wat reeds begin het, het sy gesê. ‘n Reuse kersboom van oor die 7m hoog is opgeslaan waaronder die Roodies geskenke kon plaas vir minderbevoorregtes. ‘n Kersmark het genot gebied vir dié wat dit bygewoon het.

“Daar was meer as 30 stalletjies met pragtige geskenke en heerlike eetgoed te koop,” het Cronjé gesê.

“Die aand was ‘n reuse sukses en ons hoop om dit nog een van die Roodies te tradisies te maak.”

Related articles:

• VIDEO: Katya se ontwerp vandag Google SA se ‘doodle’
Helderkruin groet twee geliefde onnies
Roodie slaan ses vir vrouekrieket

Exit mobile version