Local newsNewsSchools

VIDEO: Katya se ontwerp vandag Google SA se ‘doodle’

‘n Leerling van Hoërskool Noordheuwel is as die algehele wenner in vanjaar se Doodle 4 Google-kompetisie aangewys.

‘n Graad 8-leerling van Hoërskool Noordheuwel is in haar skik omdat haar ‘doodle’ ontwerp vandag 3 Desember op die Suid-Afrikaanse tuisblad van die aanlyn soekenjin Google verskyn.

Dié ontwerp deur Katya Ludick, 13, het stof in 100 ander leerlinge van regoor die land tussen die ouderdomme van 6 en 17 se oë geskop toe sy Saterdag 29 November by Arts on Main in Johannesburg as die kategorie en algehele wenner van die Doodle 4 Google-kompetisie aangewys is.

Hier ontvang Katya Ludick (middel) 'n tjek ter waarde van R100 000 vir haar skool nadat sy vanjaar se Doodle 4 Google-kompetisie gewen het. Saam met haar is Google Suid-Afrika se hoofuitvoerendebeampte Ryan Bakos (links) en Faith Muthambi, Minister van Kommunikasie (regs).
Hier ontvang Katya Ludick (middel) ‘n tjek ter waarde van R100 000 vir haar skool nadat sy vanjaar se Doodle 4 Google-kompetisie gewen het. Saam met haar is Google Suid-Afrika se hoofuitvoerendebeampte Ryan Bakos (links) en Faith Muthambi, Minister van Kommunikasie (regs).

Dit was die taak van verskeie bekendes soos die skrywer John van de Ruit, 5FM omroeper DJ Fresh, 2oceansvibe stigter Seth Rotherham, Springbok-speler Pat Lambie, vanjaar se Survivor SA wenner Graham Jenneker, Spud akteur Sven Ruygrok, sanger Yvonne Chaka Chaka en Hoofuitvoerende-beampte van Brand SA Miller Matola om die inskrywings wat Google Suid-Afrika se personeel as die bestes uitgesoek het na vyf vir elk van die vier verskillende ouderdomskategorieë te beperk.

Na 10 dae se wik en weeg deur die beoordelaars het hulle hul keuses gemaak waarna die publiek kans gekry het om op hulle beurt vir hul gunsteling ‘doodle’ te stem.

Hier is die oorspronklike video wat die kompetisie verduidelik het:

“Toe hulle aangekondig dat ek gewen het, was ek geskok en heeltemal platgeslaan, maar was terselfdertyd ook bly,” het Katya gesê.

“Dit voel steeds vir my baie onwerklik en dit is regtig vir my ‘n baie groot eer om my ontwerp getitled My Conservation Dream op Google se tuisblad vandag te hê.”

Haar wen-ontwerp het nie net vir haar die jongste Samsung Tablet 4, ‘n spesiale paar Superga tekkies in die sak gebring nie, maar R100 000 word ook aan haar skool geskenk om tegnologieprojekte te bevorder.

Dit was vir Katya Ludick, wie se Doodle vandag op Google Suid-Afrika se tuisblad verskyn 'n belewenis toe sy vir Graham Jenneker, vanjaar se Survivor Suid-Afrika wenner ontmoet het.
Dit was vir Katya Ludick, wie se Doodle vandag op Google Suid-Afrika se tuisblad verskyn ‘n belewenis toe sy vir Graham Jenneker, vanjaar se Survivor Suid-Afrika wenner ontmoet het.

Voorts het sy ook ‘n T-hemp en ‘n geraamde foto met haar ontwerp ontvang wat grootliks oor natuurbewaring handel.

Katya het gesê sy verstaan dat daar sommige dierspesies uitsterf as gevolg van ‘n verandering in hulle habitat, maar het gesê sy is heeltemal gekant daarteen dat diere as gevolg van menslike bedrywighede uitsterf.

Die letters van Google in haar ontwerp stel die Suid-Afrikaanse vlag voor as ‘n simbool van “Trots Suid-Afrikaans” het sy gesê.

“Die refleksie op die water is ‘n refleksie van 20-jaar se demokratiese Vryheid terwyl die son hoop simboliseer.”

Mynhardt Hoffmann, nog 'n leerling van Hoërskool Noordheuwel het met dié ontwerp tot die semi-finaal deurgedring wat daaroor gaan dat elke kind in elke land toegang tot gratis onderrig moet kry.
Mynhardt Hoffmann, nog ‘n leerling van Hoërskool Noordheuwel het met dié ontwerp tot die semi-finaal deurgedring wat daaroor gaan dat elke kind in elke land toegang tot gratis onderrig moet kry.

Kuns is in haar bloed, het haar ma Gerty gesê.

“Sy is vir die laaste twee jaar as die algehele wenner in die RACA se skeppende kunste kategorie aangewys.”

Gerty het gesê haar dogter se toekomsplanne is om na skool vir ‘n Graad in Vermaaklikheid Tegnologie in te skryf omdat sy hierdie nuwe kennis agter die skerms van die verhoog en die film bedryf wil gebruik.

“Maar vir nou glo ek nie daar is enige ouers in Suid-Afrika wat trotser op hulle kind kan wees nie as ons.”

• Mynhardt Hoffmann, nog ‘n leerling van Hoërskool Noordheuwel is met sy Google ‘doodle’ getiteld Free education for all wat handel oor die feit dat elke land gratis onderrig vir al hulle kinders moet hê omdat hulle die toekoms is en ‘n land tot die volgende vlak moet neem om suksesvol te wees, deur na die semi-finaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button