NewsSchoolsUpdate

Kruiner tops in WOW spelfees

"Elke graad se woorde is volgens moeilikheidsgraad ingedeel, maar selfs die makliker woorde is maar moeilik as jy die mondelings moet uitspel."

Graad 6-leerling Jolinda de Kock, 12, het vanjaar vir die eerste keer aan die WOW-Spelfees deelgeneem en ‘n derde plek landswyd gekry.

Die spelfees word deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied en is propvol verskillende projekte vir leerlinge in laer- en hoërskole. ‘WOW’ staan vir Woorde Open Wêrelde.

Vir Jolinda het die kompetisie by uitdunrondtes by Laerskool Helderkruin begin. Sy is gekies om aan die provinsiale rondte by Laerskool Fairland deel te neem, waar sy derde plek in haar graad verower en gekies is om ook nasionaal haar skool te verteenwoordig. Teen die eindrondte in Stellenbosch was die kompetisie ongelooflik straf, vertel Rolandi Minnaar. Sy is ‘n Graad 1-onderwyseres by Laerskool Helderkruin en was vanjaar die hoofbeoordelaar by die spelfees.

“Die standaard van deelname was hoog en daar is deurgedring van die een rondte na die volgende om uiteindelik die beste drie spellers per graad te kies,” het Minnaar gesê.

“Elke graad se woorde is volgens moeilikheidsgraad ingedeel, maar selfs die makliker woorde is maar moeilik as jy die mondelings moet uitspel,” het sy gesê.

Ook by die nasionale rondte was Jolinda ‘n uitblinker en spog nou met derde plek. Alhoewel die senuwees geknaag het, het Jolinda gesê sy het die kompeitisie geniet.

Kultuur is haar voorland. In Graad 2 al het Jolinda haar eerste toespraak gelewer en die redenaarsgogga het gebyt. Sy het ook elke jaar deurgedring na die ATKV-Redenaars, waar sy vanjaar aan die Suid-Gauteng Spanredenaars en Radikaal deelgeneem het.

Sy het uitgeblink in verskeie spraak en drama items vanjaar en toekennings ontvang by onderskeidelik die Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging (vier diplomas vir spraak en drama en vyf diplomas vir skoolkoor), die Nasionale Eisteddfod (sewe diplomas en vyf goue sertifikate), die Randfontein Eisteddfod (een diamant toekenning, drie platinum en drie goue sertifikate) en die South African Talent Championships (vier goue medaljes).

As sy nie aan kultuuritems deelneem nie fokus Jolinda op akademie. Sy speel netbal en dans graag.

 

Related articles:

• Helderkruin groet twee geliefde onnies
Nicole is Gesig van die Jaar
Kruiners verwerf derde plek vir avontuursport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button