Latest SportNewsSchoolsSport

Roodie slaan ses vir vrouekrieket

Elana mik na Protea buitenshuise vrouekrieketspan.

Nog ‘n Roodie, Elana Kuys is besig om naam te maak in die sportwêreld, dié keer in vrouekrieket.

Elana het reeds op driejarige ouderdom haar hart op krieket verloor maar moes noodgedwonge saam met haar pa en ooms in die tuin speel. Toe ‘n onderwyser van Laerskool Florida haar egter nooi om aan die Graad 5-proewe deel te neem, het sy die kans aangegryp en so die eerste meisie geword wat saam met die seuns in die skool se krieketspan gespeel het.

Op hoërskool was Elana deel van die meisieskrieketspan en het twee keer as kaptein en drie keer as onderkaptein uitgedraf.

In 2011 is Elana in die o.16-uitnodigingspan opgeneem en in 2012 speel sy vir die o.16 Gauteng-span.

In 2013 is sy in die o.19 Gauteng-span opgeneem en om die kersie op die koek te sit word sy vir die SA o.19 binneshuise vrouekrieketspan gekies wat vroeër vanjaar om die wêreldbeker in Nieu-Seeland meegeding het. Tydens dié toernooi is Elana vereer as een van die top vier spelers in die Protea-span.

Na die wêreldbekertoernooi is sy weer vir die o.19 Gauteng-vrouekrieketspan gekies.

Elana werk nou hard daaraan om haar droom te verwesenlik om vir die SA o.19 buitenshuise vrouekrieketspan gekies te word.

Related Articles

Back to top button