NewsSchools

Helderkruin groet twee geliefde onnies

Laerskool Helderkruin gaan afskeid van twee juffrouens wat aftree aan die einde van die jaar neem. Tydens ‘n glansgeleentheid is daar afskeid geneem van Des Ohlhoff en Carien Horn. Hierdie twee vroue het diep spore in die onderwys getrap. Hulle laat waardes, kennis en baie kundigheid agter. Ohlhoff se roete deur die onderwys het in …

Laerskool Helderkruin gaan afskeid van twee juffrouens wat aftree aan die einde van die jaar neem. Tydens ‘n glansgeleentheid is daar afskeid geneem van Des Ohlhoff en Carien Horn.

Hierdie twee vroue het diep spore in die onderwys getrap. Hulle laat waardes, kennis en baie kundigheid agter.

Ohlhoff se roete deur die onderwys het in 1966 by Laerskool Roodepoort-Wes as ‘n St 1 – ( Gr 3) juffrou. Daarna was sy by Louis Leipoldt in Pretoria en weer terug op die Wes-Rand as Gr 3 juffrou by Laerskool Horison vanaf 1975.

Laerskool Helderkruin het in 1986 sy deure geopen en sedertdien is Ohlhoff deel van die skool. Sy het in Julie 1986 begin. 28 Jaar later word die geliefde Gr 3 onderwyserres gegroet. Sy het ‘n wonderlike nalatenskap. As Departementshoof was sy dinamies en het die skool na hoë hoogtes gelei.

Ohlhoff se onderwysloopbaan beslaan ‘n totaal van 48 jaar. Horn het ander altyd geleer om te glo in die mooi van jou drome. Sy was vir 24 jaar die musiekjuffrou by Helderkruin en het die kore afgerig.

Sy is landswyd bekend vir haar kundigheid en kennis op die musiekgebied en die liefde wat sy aan haar leerders oorgedra het vir musiek. Haar liefde vir die kinders is egter die grootste faktor wat uitstaan en daarom gaan almal haar mis. Sy het ‘n passie vir kinders gehad en Horn het altyd iemand teen die steilte van die lewe  uitgehelp, daarom het syself die ook die top bereik. Na 34 jaar in die onderwys gaan sy nou aftree.

Verwante artikels:

Laerskool Helderkruin gee die pas aan met nuwe telbord

Laerskool Helderkruin named recycling kings

Related Articles

Back to top button