NewsSchools

Roodie slaan ses vir vrouekrieket

Elna mik na Protea vrouekrieket buite span.

Nog ‘n Roodie, Elana Kuys is besig om naam te maak in die sportwêreld, die keer in vrouekrieket.

Elana het reeds op driejarige ouderdom haar hart op krieket verloor maar moes noodgedwonge saam met haar pa en ooms in die tuin speel. Toe ‘n onderwyser van Lerskool Florida haar egter nooi om aan die graad-5 proewe deel te neem, het sy die kans aangegryp en so die eerste meisie geword wat saam met die seuns in die skool se krieketspan gespeel het.

Op hoërskool was Elana deel van die meisieskrieketspan en het twee keer as kaptein en drie keer as onderkaptein uitgedraf.

In 2011 word Elana in die o/16 uitnodiging span opgeneem en in 2012 speel sy vir die o/16 Gauteng span.

In 2013 word sy in die o/19 Gauteng span opgeneem en om die kersie op die koek te sit word sy vir die SA o/19 binneshuise vrouekrieketspan gekies wat in die wêreldbeker in Nieu Zeeland deelgeneem het vroeer hierdie jaar. Tydens dié toernooi word Elana vereer as een van die top vier spelers in die Protea span.

Met haar terugkeer van die wêreldbeker word sy weer vir die o/19 Gauteng vrouekrieketspan gekies.

Elana werk nou hard daaraan om haar droom te verwesenlik om vir die SA buite vrouekrieket se o/19 span gekies te word.

Related Articles

Back to top button