Local newsNews

Muscle Riders sleep bestuurder saam

"Twee maande gelede het ons bestuurder Pieter Joubert, wat geaffekteer is deur spierdistrofie, vir my 'n video gewys van 'n afgetrede man wat sy vrou rondry agterop 'n fiets," het fondsinsamelaar Braam Roux gesê.

Die Spierdistrofie Stigting van Suid-Afrika se Roodepoorttak het plan gemaak om hul algemene bestuurder ook te laat deelneem aan die 94.7 Momentum Cycle Challenge laas naweek.

“Twee maande gelede het ons bestuurder Pieter Joubert, wat geaffekteer is deur spierdistrofie, vir my ‘n video gewys van ‘n afgetrede man wat sy vrou rondry agterop ‘n fiets,” het fondsinsamelaar Braam Roux gesê.

“Ek weet nie of hy wou hê ons moet dit met hom doen nie, maar dit het ons die idee gegee dat hy deel behoort te wees van die Muscle Riders-span,” het hy gesê.

Die span, wat uit sowat 50 deelnemers hierdie jaar best aan het, het by CE Mobility ‘n rolstoel geborg gekry en het dit toe omskep in ‘n sleepwaentjie vir Joubert terwyl hy salig onbewus was van die gebeure. Die groep het Saterdag 15 November voor die resies die stoel aan hom oorhandig en hom meegedeel dat hy die volgende dag sal deelneem.

“Hy was baie bly en het grappendergewys gesê hy glo nie hy sal die resies kan voltooi nie want hy het nie geoefen nie,” het Roux gesê.

Roux het vertel dat die resies goed verloop het en hulle vinnig die 14km-merk bereik het waar Joubert toe klaarmaak. Joubert het tyd by dié eerste waterpunt geniet.

“Mense het ons al langs die pad aangemoedig, dit was fantasties om te sien hoe mense omgee en mekaar ondersteun,” het Roux gesê.

Onder meer was bekendes Izak Davel en Lee Burton Scott deel van die Muscle Riders-span.

Joubert en Roux het hul deelname aan die resies opgedra aan Yusuf Talia, 25, wat ‘n voormalige lid van die stigting was.

Selfs kinders kon die vorige naweek deelneem aan ‘n 800m resies om vir Grace Mahlangu, 7, ‘n meisie met rugstring spieratrofie gediagnoseer is geld in te samel. Grace het ‘n doelgemaakte rolstoel nodig sodat sy onafhanklik rond kan beweeg, en dié kos sowat R35 000.

“Ons het laasjaar R71 000 ingesamel met die Muscle Riders se deelname aan die resies en het sover tenminste R107 000 hierdie jaar ingesamel,” het Joubert na afloop van die resies gesê.

Die fondse wat ingesamel is sal onder andere gebruik word om doelgemaakte rolstoele vir lede aan te koop.

“Ons wil nou kyk om elke jaar ‘n punt daarvan te maak om ‘n affekteerde persoon met spierdistrofie op die roete te neem,” het Roux gesê.

Hulle het immers nou die sleepwaentjie.

Vir meer inligting besoek www.muscleriders.co.za of www.facebook.com/mdfgautengcycle

Kyk die video van Grace Mahlangu vir wie die Muscle Riders geld ingesamel het:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button