Editor's choiceLocal newsNews

Baba in eiendomsagent se kar gebore

'n Eiendomsagent het 'n kans om kommissie te maak verbygeloop en eerder gehelp om 'n baba die lewe in te bring.

‘n Eiendomsagent het ‘n kans om kommissie te verdien verbeur en eerder ‘n baba in die lewe ingehelp.

Natalie Viljoen, ‘n eiendomsagent by Rawson Eiendomme het op pad na ‘n afspraak met ‘n kliënt onlangs op ‘n vrou in nood afgekom.

“Sy en haar man was op die sypaadjie in Ouklipweg en ek kon sien iets is fout, toe stop ek,” het Viljoen vir die record vertel.

“Die vrou se water het gebreek en sy moes dringend by ‘n hospitaal uitkom.”

Viljoen het ‘n Netcare 911-ambulans voorgekeer en het die paramedikus oorreed om voor hulle uit te ry na Discovery-kliniek toe.

“Hy het voor ons uitgery sodat ons deur die verkeer kon vleg om vinniger by die hospitaal te kom,” het Viljoen gesê.

“Daar kon niemand ons vinnig genoeg help nie,” het sy gesê.

Sy het noodgedwonge self ingespring en gehelp met die geboorte.

Die babadogtertjie, Amanda, is om 10.18vm in Viljoen se motor gebore.

Viljoen wat twee kinders van onderskeidelik 4 en 17 het, sê sy het so hard soos die babatjie geskree toe dié gebore is.

“Ek was bly ek kon die vrou bystaan,” het Viljoen gesê en bygevoeg, “Ek het nooit eers by daardie kliënte uitgekom nie.”

Die bestuur by Rawson Eiendomme in Roodekrans het haar die titel as agent van die maand toegeken.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button