Die pret van Wetenskap

Leerlinge van Laerskool Helderkruin leer meer oor die aarde.

Graad 7-leerlinge van Laerskool Helderkruin moes in die Natuurwetenskap-klas die aardbol se ewenaar, die Kreefskeerkring en die sewe kontinente aandui.

Sommige leerlinge het balle geneem en in voorstellings van die aardbol omskep terwyl ander van items soos ballonne gebruik gemaak het. Hulle het kreatief die Noord-en Suidpool aangedui; sommiges het selfs sneeu op die ‘aardbol’ uitgebeeld.

Skoolwoordvoerder Isobel Mitchley sê dat leerlinge vet pret gehad het terwyl hulle baie geleer het.

“Leerlinge het nie net geleer hoe die aarde teen 23,5 grade gekantel is nie, hulle het ook geleer hoe om in ‘n groep te werk,” sê Mitchley.

Natuurwetenskap-onderwyser Eddie du Plessis bied die vak op ‘n vars en stimulerende wyse aan, sê Mitchley en voeg by, “die leerlinge is mal oor hom”.

Samewerking is ‘n fokuspunt vir Kruiners, sê Mitchley.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version