NewsSchools

Gustav Preller 60 jaar jonk

Skool met ryk geskiedenis verjaar.

Op 5 Oktober 1954 stap 427 leerlinge, die hoof Hendrik Boshoff en 13 onderwysers vanaf Discovery Primary vir die eerste keer deur die hekke van die skool, toe bekend as Laerskool Discovery.

In 1955 word die skool hernoem na die geskiedskrywer en digter Gustav Preller en vandag staan dit bekend as Laerskool Gustav Preller Primary. Hierdie skool vier vanjaar dus sy 60ste verjaarsdag.

Op 24 Oktober is ‘n spesiale pretdag vir die leerlinge gereël met verskeie waterpretritte en heerlike snoeperye. Die jillende kinders het dit duidelik baie geniet.

Later die aand is dit gevolg deur ‘n braai en dans vir die ouers, en ‘n buitelugfliek vir die kinders.

“My opregte hoop is dat die Hemelse Vader die skool vir nog baie generasies sal seën,” sê die huidige hoof Jacques Rentzke.

Related Articles

Back to top button