Roodies wys hul G-E-E-S

Spanne maak Laerskool Roodekrans trots met hul gees by onlangse interhuisatletiekbyeenkoms.

‘n Interhuisatletiekbyeenkoms is by Laerskool Roodekrans gehou ter voorbereiding van die komende atletiekseisoen.

Die doel was om atlete te identifiseer en massadeelname te bevorder om vir elke leerling ‘n regverdige geleentheid in sport te gee, sê skoolwoordvoerder Marike Cronjé.

“Die leerlinge is in spanne opgedeel en het meegeding om ‘n geesbeker te wen,” sê Cronjé.

Die spanne is na bokke vernoem, onder andere gemsbokke, koedoes en elande.

“Die Gemsbokke het die Geesbeker gewen terwyl die Koedoes ‘n prys vir die beste kreet gekry het,” sê Cronjé.

Sy voeg by dat die Elande beslis met die beste uitrustings vorendag gekom het.

Leerling Duvan Potgieter is ook ‘n spesiale prys toegeken vir sy entoesiastiese deelname en deursettingsvermoë.

“Duvan het ten spyte van sy prostese aan verskeie items deelgeneem, insluitend hoogspring,” het Cronjé gesê en bygevoeg dat niks Duvan kon stuit nie.

“Die sukses van die dag is aanduidend van Roodies se gees,” sluit Cronjé grappenderwys af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version