Editor's choiceLocal newsNews

Meerkat verloor stryd teen kanker

Stadler Snyman, beter bekend as Meerkat is op 15 Oktober na ‘n stryd teen kanker oorlede. Snyman se seun, André sê sy pa was ‘n voormalige leerling van Hoërskool Monument, wat sy diploma by Goudstad Onderwys Kollege in Pretoria behaal het. Nadat hy vir ‘n jaar by Athlone Boys High School in Johannesburg skoolgegee het, …

Stadler Snyman, beter bekend as Meerkat is op 15 Oktober na ‘n stryd teen kanker oorlede.

Snyman se seun, André sê sy pa was ‘n voormalige leerling van Hoërskool Monument, wat sy diploma by Goudstad Onderwys Kollege in Pretoria behaal het. Nadat hy vir ‘n jaar by Athlone Boys High School in Johannesburg skoolgegee het, het hy later ‘n pos as rekenmeester by Juvenile Clothing aanvaar waarna hy 12 jaar later by Veka Vervaardigers aangesluit het.

“In 1978 het Snyman ‘n klein aandeel in Flora Park Uitrusters gekoop. Op daardie stadium het die groep uit drie winkels in Alberton, Pretoria en Florasentrum bestaan. In 1981 het hy al die aandele in die onderneming besit en het sy loopbaan as besturende direkteur van Flora Park Uitrusters begin,” sê Snyman jr. Die onderneming het in die laat tagtiger-jare tot soveel as sewe takke uitgebrei.

“Hooggeplaastes soos ministers en politieke leiers was gereelde kopers.

“Televisie aanbieders soos Riaan Cruywagen was ook jare lank deur my pa geklee,” sê Snyman jr en voeg by dat as die grootste onafhanklike kleinhandelaar het menige dokters, prokureurs en advokate ook gereeld van sy dienste gebruik gemaak.“Hy het altyd gehalte diens en prys gewaarborg, daarom het hy self die aankope behartig. Ek onthou dat baie studente, wat vandag self prokureurs, advokate en suksesvolle sakemanne is, vakansietye in die winkel gewerk het om vir hul studies te betaal.”

Snyman jr sê Meerkat het ook altyd sy eie koerant advertensies ontwerp en self die spotprentjies daarin geteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button