VIDEO: Treurgrond-tonele in Roodepoort geskiet

Richard Lukunku, Steve Hofmeyer en Jana Snyman het tonele vir 'n film wat handel oor plaasmoorde is in Newlands, Roodepoort geskiet.

‘n Toneel vir die film Treurgrond is Woensdag 15 Oktober by die NG Kerk Waterval in Roodepoort geskiet.

In die film voeg regisseur Darrell Roodt sy stem by die huidige gesprekke rondom plaasmoorde. Die film handel om een plaasaanval wat uiteinde ‘n hele gemeenskap raak.

Steve Hofmeyr, Richard Lukunku en Jana Strydom is maar ‘n paar van die sterre wat op die stel op die kerkgronde in Newlands opgemerk is. In die kerksaal is ‘n vergadering tussen die plaasboere, AfriForum en ander betrokkenes verfilm.

Ander bekendes wat in die film verskyn sluit in André Frauenstein, Barbara Marie Immelman, Boikie Pholo, Erica Wessels, Graeme Kriega, Deon Coetzee en Shaleen Surtie Richards.

Hofmeyr het op die stel gesê dat die karakter Lukas van Staden vir hom ‘n uitdaging en voorreg is om te vertolk.

Ander tonele is ook al aan die Wes-Rand geskiet. In Krugersdorp is ‘n paar tonele by ‘n hotel in die sentrale sakegebied geskiet.

Die film sal in Mei 2015 in teaters begin draai.

Die amptelike voorsmakie:

‘n AfriForum video oor die boek, Treurgrond:

Exit mobile version