Local newsNews

Sewe stoeiers verower Kampioenebeker

Leerlinge hou Laerskool Florida se naam hoog by onlangse Skole Stoeikampioenskappe.

Sewe stoeiers van Laerskool Florida het onlangs die Laerskool Kampioenebeker van die Sentraal-Gauteng Stoeivereniging (SGSV) verwerf.

Dit nadat leerlinge met 21 ander plaaslike laerskole, onder meer Dr Havinga, Helderkruin, Muldersdrift, Roodekrans en Horison meegeding het. Juan Esterhuizen, Quinton Senekal, Keiran Heaney, Donovan Pretorius, Terence Esterhuizen, Willem Nel en Morné Pretorius het al hul kragte ingespan om uiteindelik die beker te verower.

Die sekretaris-generaal van die SGSV, Festa de Beer het die skool skriftelik gelukgewens.

“Ons wil die stoeiers van Laerskool Florida met hulle ywer en deursettingsvermoë gelukwens.

“Dit is voorwaar ‘n groot prestasie in die lig van die strawwe kompetisie,” het De Beer gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button