Buitelug pret met ‘n kaskarwedren

Leerlinge het vet pret by Hoërskool Bastion se kaskarwedren gehad.

Elkeen het vet pret in die buitelug gehad tydens Hoërskool Bastion se kaskarwedren.

Op Saterdag 27 September het leerlinge, hul ouers en ondersteuners om die rugbyveld bymekaar gekom waar die baan reeds gereeds was. Teen 8.30vm het die spanne in hul helder uitrustings die baan reeds een maal voltooi. Leerlinge het baie moeite gedoen om hul kaskarre te versier en het goeie spangees getoon.

Die wedren is deur allerlei ander aktiwiteite ondersteun. Daar was stalletjies beskikbaar en worsbroodjies en ander lekkernye was te koop aangebied.

Later die middag het ouers in ‘n potjiekoskompetisie meegeding.

Skoolverteenwoordiger Melitta Geyser sê dat die leerlinge met hul moeite beïndruk het.

“Die kaskarwedren is beslis een van die hoogtepunte van ons sosiale kalender.”

Exit mobile version