NewsSchools

Hoërskool Florida 70 jaar jonk

Die skool vier 'n ryke geskiedenis van 70 jaar met 'n karnaval en verjaarsdagpartytjie.

Dié skool is maar nog jonk – meen die leerlinge en onderwysers van Hoërskool Florida wat onlangs die skool se 70ste verjaarsdag gevier het.

“Die dag (30 September) het sommer vroeg begin met vet pret,” sê skoolverteenwoordiger Morné Hanekom.

“Leerlinge was reeds 8vm op die blokke waar tafels met kolwyntjies wat in ‘n ’70’ gerangskik was.

“Die hoof, meneer Schutte het die dag geopen met ‘n toespraak oor die skool en sy geskiedenis.

“Soos by enige verjaarsdag is daar vir die skool gesing terwyl balonne in die lug vrygelaat is.”

Hanekom sê dat die res van die dag op die rugbyveld deurgebring is waar ‘n karnaval met glybane en springkastele gehou is. Later die middag het leerlinge ook ‘n sokkie geniet. Hoërskool Florida spog met ‘n trotse en ryk geskiedenis.

‘n Paar hoogtepunte by Hoërskool Florida:

• Die skool het sy ontstaan op 30 September 1944 gevind waartydens die hoeksteen gelê is.

• Twee jaar later (1946) het die skool amptelik begin funksioneer as ‘n dubbelmedium hoërskool met 345 leerlinge en 15 personeellede.

• Die eerste skoolhoof was meneer BG Lindeque, na wie die skoolsaal vernoem is.

• In 1954 het meneer Charles Grevelink (na wie die G-gebou vernoem is) vir ‘n skoolwapen gesorg.

• Die skoolwapen is deur H Potgieter ontwerp, wat ook die reliëfwerke in die Voortrekker Monument aangebring het.

• Die arend in die skoolwapern simboliseer krag, die jukskei diensbaarheid, die gerwe oes arbeid en die skild beskerming en roos liefde; die eerste skoolhoof was lief vir rose.

• Die arend is van die Transvaalse wapen van die tyd geneem en die jukskei uit die Ossewa tydperk, om die skool aan Afrikaner-erfenis te bind.

• Die skool se leuse is “Ons dien getrou”.

• Die skool se Afrikaans-wording het in 1955 plaasgevind danksy die tweede skoolhoof, dr HP van Coller, en is met 635 leerlinge en 28 personeellede begin.

• Die huidige skoollied het in 1961 ontstaan en is geskryf en getoonset deur Bart Viljoen, ‘n destydse onderwyser.

• Die musieksentrum is op 22 Maart 1971 geopen onder leiding van menere Botha en Van Wyk.

• In 1990 is die eerste rekenaarsentrum in gebruik geneem.

• Die nuwe hotelskool is op 17 Maart 2001 geopen.

• In September 2012 is die nuwe administratiewe gebou in gebruik geneem.

Related Articles

Back to top button