Brei ‘n blok in solidariteit

Solidariteit Helpende Hand se Brei 'n Blok-projek strek landswyd.

‘n Blokkie hier en nog ‘n paar daar maak uiteindelik 1 000 kombersies.

Só motiveer Adele Kruger, Gauteng-Suid streeksorganiseerder van Solidariteit Helpende Hand, die Brei ‘n Blok-projek wat in Julie geloods is.

Die idee rondom die projek is om gebreide of gehekelde blokke bymekaar te maak om kombersies saam te heg wat minderbevoorregtes en bejaardes gedurende winter 2015 warm sal hou.

Diegene wat betrokke wil raak kan dit op een van drie maniere doen – deur self een of meer blokke te brei of hekel en te skenk, deur wol te skenk wat gebruik sal word om in blokke the brei of hekel of deur ‘n bereidwillige bejaarde te borg teen R50 ‘n maand.

Kruger stel ook ander interessante maniere voor om by te dra.

“Hoekom kry mense nie hul oumas, of ander bejaardes wat hulle ken, ook aan’t brei nie?

“As jy gaan brei, maak jou eie teiken hoeveelheid bekend; dit mag dalk ander inspireer en die plaaslike media betrek.”

Kruger beveel ook aan dat belangstellendes hul kollegas, selgroepe en vriendekringe uitdaag om hul eie produksie te klop.

“Ek kan my mense nie vinnig genoeg voorsien met wol nie.”

Die Brei ‘n Blok-projek sluit Maart 2015. Voltooide blokke kan by Helpende Hand se welsynswinkel in Lindhaven afgelaai word, of gepos word. Vir verdere inligting kontak Adele by 079 881 3338 or Mariëtte by 071 548 8013.

 

Lindhaven welsynswinkel:

Lindhaven Shopping Centre

Hoek van Cyprus- en Progressrylaan

Kontak Christopher by 081 543 3000

 

Stuur ook voltooide blokke na:

Adele Kruger

Posbus 21314

Helderkruin

1733

 

Hoe die Brei ‘n Blok-projek werk:

• Blokke moet 15cm by 15 cm groot wees

• Dubbeldraadwol (double knit) moet gebruik word

• Naaldgrootte: 4mm

• Hekelpengrootte: 4mm

• ‘n Kombers bestaan uit 10 by agt blokke (80 blokke in totaal)

• Jy kan jou eie tema kies: bejaarde, kleuter of baba

Exit mobile version